Verlede maand
Vier in Plain afgemaai
Vier mense is Dinsdagoggend in Mitchell's Plain doodgeskiet.  ~ Foto ter illustrasie: AndrĂ© Damons

LEDE van die teen-bende-eenheid is steeds besig om die toneel in Mitchell's Plain te fynkam waar vier mense Dinsdag in die vroeë oggendure doodgeskiet is.

Die drie mans en 'n vrou was tussen die ouderdomme van 30 en 32.

Brig. Novela Potelwa, 'n polisiewoordvoerder, sê in 'n verklaring die slagoffers was in 'n huis in Hazeldene-straat in Portlands toe 'n voertuig opgeruk het.

Drie verdagtes het uitgeklim, die perseel betree en verskeie skote afgevuur.

Speurders ondersoek die moontlikheid dat die voorval bendeverwant is.

Enigeen met inligting kan die teen-bende-eenheid by 0800 664 264 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters