7 dae gelede
Vier hou ’n jol ná hit
beskuldigdes: Nicole Geldenhuys (32) en Romeo Hendricks (40) van die Paarl.Foto: FACEBOOK  ~ 

MARIE Verwey se lyk was nog nie eens koud nie, toe begin haar vermeende killers drank en dwelms geniet.

Volgens die baasbrein agter die voorval, Nicoleze “Nicole” Geldenhuys, is Verwey in ’n mislukte rooftog dood.

Geldenhuys was Verwey se tuisversorger. Voorheen het sy na Verwey se bedlêende man gekyk.

Verwey (80) is op 16 Februarie 2017 by haar huis in Paradyskloof, Stellenbosch, vermoor.

Sy het meer as 50 steekwonde gehad.

Geldenhuys, haar boy­friend, Romeo Hendricks, André Coetzee en Enrico Malherbe staan tereg vir dié moord, asook vir die roof van juweliersware ter waarde van R700 000.

Geldenhuys sê sy het Hendricks die Saterdag voor die voorval van die juwele vertel. Sy het dit gesien toe Verwey se seun dit uit die kluis haal.

Sy sê hulle het ’n braai gehou en oor die kole besluit hoe die fynere detail van die rooftog uitgevoer moet word.

Op 16 Februarie het hulle ’n kar geleen, nommerplate gaan steel en petrolgeld geloaf­ om hulle hit uit te voer.

Sy het Verwey se voordeurklokkie gelui.

“Ma (Verwey) het self die deur oopgemaak.

“Ek het haar gesê ek bring druiwe vir Emmie (die huishulp).”

Marie VerweyFOTO VERSKAF

Geldenhuys sê sy het “Ma” nog gehug en ’n bietjie by haar gesit. Toe lui die deurklokkie weer.

Malherbe het by die deur gestaan en water gevra.

Sy het gemaak of sy hom nie ken nie en hom water gegee nadat Verwey gesê het sy mag maar.

Nadat Malherbe die water gedrink het, het hy tot by Verwey geloop en gesê: “Dankie vir die water.”

Hierna het hy die ou tannie gesteek.

Geldenhuys sê dit was nie die plan nie. Sy sou net die deur vir hulle oop los om die jewelry te gaan steel.

Sy moes toe vir hulle wys waar die juwele gehou is.

Die voorval het kort voor middagete afgespeel.

Hulle almal is later die dag Hanover Park toe.

Hulle het by die huis van ’n dikding in die 26’s gedrink en drugs gebruik.

Geldenhuys was emosioneel toe sy getuig het. Sy sê sy het op die dag van die moord ook baie gehuil.

Die saak duur voort.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters