Verlede maand
Vier cops vas vir korrupsie
Vier cops van Worcester is vir korrupsie gearresteer.  ~ Foto ter illustrasie

VIER lede van die SAPD is Maandag in Worcester vir korrupsie gearresteer.

Ná ’n ondersoek oor beweerde korrupsie by die cops in die dorp, het speurders van die Wes-Kaapse anti-korrupsie-eenheid toegeslaan en om 10:05 twee adjudant-offisiere (45 en 48) en twee sersante (43 en 53) gearresteer.

Daar word beweer dat die lede tussen 4 Junie en 21 Junie geld gekry het van sekere winkeleienaars in die gebied  sodat hulle nie gearresteer word vir die verkoop van sigarette tydens die lockdown nie.

Die lede is deur getuienis, videomateriaal, dienslyste en outomatiese voertuigopsporingsverslae met die beweerde omkopery verbind.

Die docket is gestuur aan die direkteur van openbare vervolging wat sal besluit of die lede van korrupsie aangekla sal word.

Hulle is deur die SAPD op Worcester aangehou en sou vandag daar in die landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters