Verlede maand
Video wys hoe man deur taxi-drivers aangerand word
Image supplied by Creative Graphics International.
Before lockdown, Creative Graphics International (CGI) made decals and badges for South African taxis, Toyota, Ford, VW and Nissan. Image supplied by Creative Graphics International.  ~ 

DIE polisie ondersoek 'n saak van aanranding nadat 'n video oor 'n aanranding viral gegaan het.

In die video word 'n man deur 'n groep taxi-bestuurders op die N2 in Kaapstad aangerand.

News24 berig die video is deur 'n passassier gemaak en wys hoe drie mans die een man op die snelweg slaan en skop.

Die video wys ook hoe een van die aanvallers 'n sak gebruik om die man te slaan, terwyl 'n ander man hom op die grond skop voordat omstanders ingryp.

Kapt. F.C. van Wyk, 'n polisiewoordvoerder sê: "Daar word 'n saak van aanranding deur Athlone-polisie ondersoek. Dit hou verband met 'n man wat op die N2 deur taxi-bestuurders aangerand is."

Volgens Van Wyk is nog geen arrestasies gemaak nie en word enigeen met inligting gevra om met Athlone-polisiestasie kontak te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters