3 maande gelede
Victim (8) ‘nie ready vir getuig’
'n Agtjarige meisie is verkrag.  ~ Foto ter Illustrasie

‘N KLONG van die Plain wat op ’n klag van verkragting teregstaan, se saak is weereens uitgestel. Dié keer vir ’n goeie rede.

Ashwin Isaacs (20) het gister vlugtig in die streekhof in Mitchells Plain verskyn.

Die klong het na bewering op 8 Desember 2016 ’n meisie in haar ouerhuis in Old Woodlands verkrag.

Volgens die agtjarige meisie se mammie het sy iets vreemds agter­gekom toe haar dogter se privaat dele sere gehad en sy ’n groen afskeiding gehad het.

Die kind is toe onmiddellik geneem na die Rooi Kruis-hospitaal, waar bevestig is dat sy verkrag en ge­sodomiseer is.

Bygewoon

In die ondersoek is ook bevind die jong kind het genitale vratte gekry.

Die meisie moes toe week ná week vir behandeling gaan om van die vratte ontslae te raak.

Met Isaacs se vorige hofverskyning is gesê hy is verstandelik gestrem en hy het in die Plain ’n skool vir kinders met spesiale behoeftes bygewoon.

Hy het na bewering medisyne gebruik vir sy kondisie.

Gister het Isaacs, wat op borgtog van R1 000 uit is, langer as vyf uur buite die hof gesit en wag.

Volgens die staatsaanklaer sou die saak uitgestel word omdat die meisie nog nie reg is om te getuig nie.

Die aanklaer het gesê sy wil seker maak die kind is gereed om in die hof te verskyn.

Die saak is tot 15 Maart uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters