2 maande gelede
Vet nie in vuur
Kleed van onsigbaarheid: Fadwaan “Vet” Murphy wou gister nie sy gesig vir die media wys nie. Foto: Peter Abrahams  ~ 

TWEE voormalige werkers van Fadwaan “Vet” Murphy wat staatsgetuie gedraai het, is reg om teen hom getuig.

Maar dié vroue se dag in die hof kan dalk nooit kom nie – as Vet en sy medebe­skuldigdes se lawyers kan bewys die search by sy huis was onwettig.

Vet, die vermeende druglord en leier van die Dixie Boys, sy eks-vrou Shafieka, sy suster, Glenda Bird, asook Dominic Davidson, Leon Paulsen en Desmond Donovan Jacobs, staan tereg op meer as 200 aanklagte.

Dit sluit rampokkery, geldwassery en verskeie oortredings van die Wet op die Voorkoming van Ge­organiseerde Misdaad in.

Volgens adv. Ann Heeramun, die staatsaanklaer, spruit die saak uit ’n polisieklopjag op 18 September 2015.

Die cops het toegesak op Vet se huis in Lotusrivier, waar hulle op ’n vrag tik en heroïen beslag gelê het.

Son het destyds berig dié drugs se waarde was R3 miljoen en dat die plek as ’n drug lab gebruik is.

Die polisie het ook op R1,1 miljoen in kontant beslag gelê.

Heeramun sê die vroue sal kom getuig dat hulle aansoek gedoen het om by Vet se maatskappy, Ulterior Trading Solutions, te werk.

Hulle payslips dui dit ook so aan.

Meanwhile het hulle by die beweerde drug lab gewerk.

Vet se eerste vrou is ook daardie dag in hegtenis geneem.

Heeramun sê dié eks sal die hof beter inlig oor hoe die maatskappy se naam in die geldwassery gebruik is.

Vet en sy medebeskuldigdes het onskuldig gepleit op alle aanklagte, maar geen verduideliking aan die hof gebied nie.

Binneverhoor

Sy lawyer, adv. Jan van den Berg, sê die soektog by die huis in Lotusrivier was onwettig.

“As dit in ’n binneverhoor bewys kan word dat die search onwettig was, is die vroue se arrestasie ook onwettig en dus sal hulle getuienis nie as die waarheid of wettig aanvaar kan word nie.”

Regter Diane Davis het toegegee en beslis dat die vroue se getuienis uitgestel moet word tot ná die uitslag van die binneverhoor.

Vet en sy makkers was netjies geklee, maar sy lyfwagte was nie happy met die media wat hulle wou afneem nie.

Een van die lyfwagte is ook in die hofsaal waar hulle verskyn het, weer vir vuurwapens gesearch nadat ’n lid van die publiek glo ’n vuurwapen opgemerk het.

Daar is egter niks by hom gekry nie.

Die saak is Maandag weer aan die gang.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters