12 dae gelede
Verwarring oor klagte teen man
MAAK STEM DIK: Aktiviste en inwoners betoog by die hof.  ~ Peter Abrahams

TERWYL die deure van die Mitchells Plain-landdroshof vir ontsmetting gesluit is, is daar verwarring rondom die klagte teen die bestuurder van ’n subraad in die area.

Die 56-jarige man sou gister vir die derde keer in die hof verskyn, maar die saak is deur Covid-19 platgetrek.

Die subraad-bestuurder het op klagte van verkragting en seksuele aanranding in die hof verskyn nadat hy na bewering drie jaar lank met sy eie 13-jarige niggie van Strandfontein gelol het.

Bepaal

Gister was daar egter net een klag van seksuele aanranding op die hofrol.

Inwoners wat saam met vroue-aktiviste voor die hof betoog het, sê dit is net nóg ’n manier om sy vuil besigheid weg te steek.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het bevestig die finale klag teen hom sal met die verhoor bepaal word.

Die hofsaak sal weer op Maandag 17 Augustus voorkom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters