9 dae gelede
Verstandelik gestremde meisie vermis
amiera
Amiera Hendricks  ~ Foto Verskaf / SAPD

DIE polisie in Bishop Lavis soek die publiek se hulp om die 14-jarige Amiera Hendricks op te spoor. .

Amiera, wat verstandelik gestrem is, is op 6 Januarie laas deur haar ouma gesien.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê Amiera het ten tyde van haar verdwyning 'n blou rok, navy tights, 'n swart Adidas jacket en gestreepte ligte blou slippers aangehad. 

Enigeen met inligting oor waar Amiera is, kan sers. Phuti by 082 559 4598 of vir AO. Joseph Swartbooi by 082 302 8437 bel.

*Amiera is veilig teruggevind.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters