Verlede maand
Vermiste vat toe net ’n break
VEILIG: Verocia Gomez is nou wel nie by die huis nie, maar sy sê sy is veilig.  ~ Foto Verskaf

HUL gebede is beantwoord.

Verocia Tracy Gomez is veilig, sy makeer net ’n break van die huis.

Son het laas week berig oor Gomez (35) van Tafelsig, Mitchells Plain, wat toe reeds ’n week spoorloos was.

Verocia is laas op Paassondag gesien toe sy uit haar ouerhuis in Meganstraat uitgestap het.

Rivonne Gomez (22), haar broer, het toe aan Son genoem sy vyf maande swanger suster is nie iemand wat sommer net wegloop nie en dis waarom hulle begin panic het.

Volgens Rivonne het Verocia van die kerk af gekom en toe later besluit om bietjie te gaan stap. Sy het net nie weer huis toe gekom nie.

Haar familie het verlede week hul pleidooi gelewer dat Verocia net moet kontak maak sodat hulle kan weet sy is veilig.

Worry

Gomez sê ’n dag nadat die post in Son se sosiale media verskyn het, het sy suster hulle gekontak om te laat weet sy is veilig.

“Al wat sy gesê het, is dat sy veilig is en ons hoef nie te worry nie.

“Sy het nie gesê waar sy is nie, maar sy het verduidelik dat sy net ’n break nodig het.”

Hy voeg by al sien hulle nie vir Verocia nie, is hulle bly om van haar te hoor.

“Ons het oor die foon gepraat. Sy’t gesê sy’s fine. Ons glo haar, want sy is ’n grootmens.”

Gomez het ook sy dank uitgespreek aan almal wat die post in die sosiale media en telefonies gedeel het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters