17 dae gelede
Vermiste meisie (13) gesoek
lusanda
Lusanda Notununu  ~ Foto Verskaf

DIE polisie soek die publiek se hulp om 'n 13-jarige meisie van Samora Machel op te spoor.

Lusanda Notununu is op 6 Mei in Browns Farm laas deur haar pa gesien.

Lusanda is fyn gebou met bruin oë en lang bruin braids.

Tydens haar verdwyning het sy 'n wit top met 'n swart skirt gedra.

Enigeen met inligting kan speurkonst. Dlomo by 082 559 4621 of die Samora Machel-polisiestasie by 021-3803 479 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters