Verlede maand
Vermiste atletiekman in die hof vir bedrog
Allen Barnes. Photo Melinda Stuurman
Allen Barnes.  ~ Melinda Stuurman

DIE vermiste administrateur van Westelike Provinsie Atletiek, Allen Barnes, is opgespoor en het vroeër hierdie week in die hof in Gauteng op aanklagte van bedrog verskyn.

Barnes sal na verwagting volgende week wees 'n draai in die hof maak, hierdie keer in Kaapstad.

Hy is op 4 Januarie as vermis aangemeld. Hy het die Saterdagoggend omstreeks 03:00 sy huis in sy silwer Toyota Corolla, wat aan sy verloofde behoort, verlaat.

Toe hy later die Saterdagoggend nie by 'n atletiekbyeenkoms in Strandfontein opdaag nie is hy as vermis aangemeld.

Sy kar is die volgende dag Kaapstad Internasionale Lughawe gekry.

Volgens 'n polisieverklaring word daar vermoed dat hy kort nadat hy sy huis verlaat het na die GrandWest-casino is en toe sy voertuig by die lughawe gaan los het.

WPA het dae later in 'n verklaring bevestig dat Barnes, wie finansiële beampte van die organisasie is, vir ongerymdhede wat na sy verdwyning aan die lig gekom het, ondersoek word.

The Herald berig dat WPA ’n saak van bedrog teen Barnes gemaak het en dat daar ook 'n spesiale vergadering vir Februarie belê is om hom uit te stem.

Son verneem in kommunikasie aan lede word genoem dat die 6 Februarie meeting is om Barnes se posisie as bestuurslid te bespreek, om hom te beroep uit strukture, en te ondersoek dat hy versuim het om sy pligte - veral mbt finansies - nie nagekom het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters