Verlede maand
Verkragter se bail knak girl
LEWENSMOEG: ’n Tienermeisie wat seksueel aangerand is, wou haar eie lewe neem deur ’n klomp pille te drink.  ~  Foto ter illustrasie: Melinda Stuurman

’N TIENER van Kuils­rivier in die Kaap wat laas week haar eie lewe wou neem toe haar vermeende rapist op borgtog vrygelaat is, is weer tuis.

Die kind (13) het Vrydagaand ’n oordosis pille gesluk.

Die polisie het in Februarie ’n saak van seksuele aanranding geopen toe dit by die kind se skool uitgekom het haar pleegma se boy­friend het haar gemolesteer en verkrag.

Die ou ballie (60) het hom uit die voete gemaak en is eers laas maand aangekeer.

Hy het saam met die kind en haar pleegma in Kuils­rivier gewoon ten tyde van die beweerde vieslike dade.

Volgens ’n polisiebron het die verdagte vir twee maande in Slangrivier, Helderberg, weggekruip.

As deel van hul ondersoek het die polisie na bewering­ sy dogters ondervra oor waar hul pa kan wees.

Hulle het egter dik gehou hulle weet nie waarheen hy uitgewyk is nie.

Verskyn

Die man het hom eindelik aan die Blue Downs-polisie oorgegee nadat sy een dogter by hom gepleit het om dit te doen.

Sy ander dogter en haar man, wat die ou man se bewegings van die polisie weerhou het, is toe ook in hegtenis geneem en het op aanklag van dwarsboming van die gereg verskyn. Hulle is ’n dag later vrygelaat.

Die man is onlangs op borgtog vrygelaat.

Die tienermeisie is gister uit die hospitaal ontslaan.

Haar berading begin volgende maand.

’n Familievriend van die meisie sê die saak loop nog, maar hulle is ontsteld dat die man bail gekry het.

“Die president het dan nou onlangs nog gesê kinder- en vrouemoordenaars en -verkragters sal nie bail kry nie.

“Die slagoffers suffer oor en oor.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters