Verlede maand
Verkoolde lyk in uitgebrande motor gevind
VERWOES: Dié kar is gister in vlamme agter die Blue Downs-hof. FOTO VERSKAF  ~ 

’N VERKOOLDE lyk is gisteroggend reg agter die Blue Downs-landdroshof in die boot van ’n Hyundai Accent gevind.

Volgens Jermaine Carelse, ’n woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het hulle om en by 07:20 ’n oproep gekry dat ’n kar in Valleystraat aan die brand is. Die hof sit langs die Mfuleni-polisiestasie.

“ ’n Brandweerwa van Mfuleni en ’n reddingsvoertuig van Kuilsrivier is ontplooi. Brandbestryders het die brand vinnig geblus.

“Daarna het hulle die kar deursoek en op die verkoolde lyk afgekom.

“Die persoon het onherkenbaar verbrand.”

Lt.kol. Andrè Traut, ’n woordvoerder van die polisie, het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie. ’n Moorddossier is aangelê.

  • Die Kraaifontein-polisie vra hulp om die familie van ’n meisie op te spoor wat Vrydagaand op die N1 naby Kraaifontein gevind is.

Volgens Traut was die kind omstreeks 22:00 saam met haar pa toe hy in ’n motor­ongeluk doodgery is.

Die meisie (omtrent sewe jaar oud) kon nie ’n woord uiter nadat sy die ongeluk aanskou het nie.

  • Enige een wat weet wie die kind is of ’n meisie van omtrent daardie ouderdom vermis, kan die Kraaifontein-polisie by 082 469 3319 bel ofStop Misdaad by 08600 10111.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters