Verlede maand
Verkeersbeamptes beseer, 2 voertuie beskadig
’n Verkeersbeampte keer 'n motoris voor.  ~ 

VIER verkeersbeamptes is beseer en twee patrolliemotors tydens 'n verkeersoperasie Vrydag in Kaapstad beskadig.

Twaalf taxi-eienaars is ook vir intimidasie en aanranding in hegtenis geneem, en daar is beslag gelê op een gelisensieerde vuurwapen.

Kevin Jacobs, 'n woordvoerder vir die verkeersdienste van die Stad Kaapstad, sê: "Altesaam 13 taxis is tydens 'n permitkontrole-operasie geskut, 11 daarvan omdat dit na bewering sonder die vereiste bedryfslisensie was."

Die operasie is in die Brackenfell-omgewing uitgevoer.

Jacobs voeg by van die taxi-operateurs het teruggekap deur die beamptes aan te val.

"Die voorvalle van aanranding en intimidasie was by die Bottelary en Kruisweg, Kruisweg by die Brackenfell-toetssentrum en op Okavango en Ou Paarlweg." - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters