Verlede maand
Verdagte vlugtig in hoë hof
Happy tye: Allison Plaatjies en Philip April in hul gelukkige dae. Foto: Facebook  ~ 

GEREGTIGHEID wink vir die jong onderwyseres van Swellendam wat in Clanwilliam vermoor is.

Allison Plaatjies (26) se vermeende moordenaar, Philip April, het Vrydag sy eerste verskyning in die Kaapse hooggeregshof gemaak.

April, Plaatjies se ex-boy­friend, staan tereg vir moord en diefstal.

Die staat voer aan hy het Plaatjies op 26 Oktober verlede jaar in haar flat in Katjie­pieringstraat vermoor.

Hy het haar na bewering keelaf gesny en haar herhaaldelik met messe of ander skerp voorwerpe gesteek.

Luidens die klagstaat het hy daarna haar kar, ’n Hyundai i20, gesteel.

Bloed

Son het destyds berig dat Plaatjies se lyk eers die volgende dag in ’n plas bloed ontdek is nadat sy nie op haar foon bereik kon word nie.

Plaatjies was ’n onderwyseres by Sederberg Primêr en April (25) het ook by dié skool afgelos. Die twee het mekaar op CPUT se Wellington-kampus ontmoet.

April het vlugtig in ’n voorverhoor verskyn.

Hy het aangedui hy gaan om Legal Aid aansoek doen. Om dié rede is die saak tot 11 September uitgestel.

Plaatjies se familie en vriende in Swellendam is dankbaar dat die saak nou in die hooggeregshof is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters