2 maande gelede
Verdagte ‘vermom’ met snor
Steek weg: Robin Packham loop met sy hand op sy snor rond. Foto: Peter Abrahams  ~ 

DIE voorheen skoon geskeerde man van Constantia wat vir die moord op sy vrou teregstaan, loop nou met ’n snor rond.

Maar ná Robin Packham se verskyning gister in die Wynberg-hof het hy sy nuwe look weggesteek, want hy het heeltyd met sy hand oor sy mond rondgeloop.

Die saak teen Packham is tot 30 Augustus uitgestel omdat die ondersoek nog nie voltooi is nie.

Die staat wag ook nog op die uitslae van die geregtelike doodsondersoek en die ontleding van DNS.

Aangemeld

Packham is gearresteer enkele dae nadat sy vrou, Gill, se uitgebrande lyk in die kattebak van haar motor gevind is.

Gill is op 22 Februarie as vermis aangemeld.

Die 57-jarige administratiewe beampte van die Springfield Convent School is laas lewend gesien toe sy haar huis in Constantia daai oggend in haar groen BMW-sedan verlaat het.

Die uitgebrande kar is langs die Dieprivier-treinstasie gekry.

Die hof het gehoor Packham het ’n kollega gevra om ’n alibi te reël en dat hy na bewering die persoon gevra het om te claim hulle was die oggend in ’n vergadering. Sy selfoonrekords plaas hom egter in Constantia of Dieprivier.

Hy is in Maart op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters