8 dae gelede
Verdagte vas vir Joe Slovo-moorde
Cases of bullets lying on the floor of asphalt
Foto ter illustrasie  ~ 

'N 26-JARIGE man is Vrydagmiddag, inverband met die moord op vyf mense in Joe Slovo in Milnerton, op 8 Oktober, gearresteer.

Die voorlopige ondersoek toon dat ten tye van die skiet-voorvalle het ses verdagtes omstreeks 22:00 by 'n huis in Sekowastraat aangekom. 'n Gewapende verdagte het 'n vrou noodlottig gewond en 'n ander vrou beseer.

Later die aand het die verdagtes drie mans en 'n vrou in 'n ander huis in Dadastraat, nie ver van die eerste toneel, doodgeskiet.

Brig. Novela Potelwa, 'n polisiewoordvoerder, sê: "Die verdagte sal na verwagtige Maandag in die Kaapstadse-landdroshof verskyn."

Sy noem dat soos die ondersoek vordering maak word nog arrestasies verwag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters