Verlede maand
Verdagte vas maar Tazne steeds vermis
panga
Moyhdian Pangarker is in Cradock vasgetrek.  ~ Foto Verskaf

MOYHDIAN Pangaker, die vermeende kinderontvoerder, is in Cradock gearresteer.

Polisiebronne en gemeenskapsleiers in Cradock het aan Son bevestig dat die man, wat in verband met die die agjarige Tazne van Wyk se verdwyning gesoek word, vasgetrek het.

Tazne van Elsiesriver is op 7 Februarie laaste met Pangarker by 'n huiswinkel oorkant haar huis gesien.

Volgens een van die gemeenskapsleiers is Pangaker deur lede van die Wes-Kaapse eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe en misdaadintelligensie gevang.

"Tazne was nie saam met hom nie," aldus 'n polisiebron.

Pangarker gaan in 'n hof in Cradock verskyn omdat hy sy paroolvoorwaardes verbreek het. Hy sal daarna na Kaapstad gebring word.

Die ondersoek om Tazne te vind duur steeds voort.

Tazne van Wyk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters