Verlede jaar
Verdagte val
MOORD: Die vuurwapen waarmee ’n vermeende rower ’n onbekende man in Delft doodgeskiet het, word verwyder.  ~ 

’N VERMEENDE rower het gister sy gat gesien toe ’n metro cop hom ’n loodpil gegee het.

Die verdagte, in sy twintigs, het na verneem word ’n onbekende man in die vroeë oggendure probeer beroof en na bewering doodgeskiet.

Die voorval het omstreeks 07:15 in Main Road in Delft-Suid plaasgevind.

Die victim het glo geld by ’n ATM getrek en is agtervolg.

Die rower het hom noodlottig gewond en na bewering beroof.

Volgens een van die inwoners het die metro cop gerea­geer op die skietery.

Die rower het op die metro cop losgebrand en probeer weghardloop.

Die metro cop het terug geskiet en die rower getref.

Hy het by ’n jaart ingehardloop, waar hy voor die huis inmekaargesak het.

Die rower is op die toneel dood en die vuurwapen is op die toneel gevind.

MOORDTONEEL: ’n Onbekende man is gisteroggend in Delft-Suid koelbloedig doodgeskiet.Foto: JONATHAN LESTRADE
einde: Die vermeende rower is deur ’n metro cop in Delft-Suid doodgeskiet Foto: LEON KNIPE
MOORD: Die vuurwapen waarmee ’n vermeende rower ’n onbekende man in Delft doodgeskiet het, word verwyder.

Volgens Zelda Martin, ’n woordvoerder van die Stad Kaapstad, was die metro cop besig om in die hoofstraat te patrolleer.

Martin sê: “Dit was ongeveer 06:30 toe hy sien hoe twee gewapende mans nog ’n man jaag.

“Een van die verdagtes het op die man geskiet wat hulle jaag.

“Die metropolisiebeampte het gereageer op die skietery en die verdagtes gejaag.

“Die verdagtes het op die metropolisiebeampte geskiet en hy het teruggeskiet.

“Een van die verdagtes is raakgeskiet en die tweede verdagte het weggekom.

“Die verdagte, sowel as die slagoffer, is op die toneel dood.

Die vuurwapen wat gevind is, is Vrydag gesteel tydens ’n huisbraak in Swellendam.

“Die tweede verdagte word nog deur die polisie gesoek.”

Een van die inwoners wat verkies om anoniem te bly, sê: “Die man kon nog gelewe het as die ambulans gouer op die toneel was.”

Nog ’n inwoner sê: “Ek het die skote gehoor. Dit het soos ’n Western movie geklink.

“Ek was te bang om uit te gaan en te gaan kyk.”

Meer as 30 koeëldoppies is op die toneel gevind.

Die pad was afgesper en die cops se forensiese span het die moordtoneel ure gefynkam vir leidrade.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die verdagte se 9 mm-pistool op die toneel gevind is.

Rwexana sê: “Die polisie se onafhanklike polisie- ondersoekdirektoraat is besig om die voorval te ondersoek.”

Niemand is nog gearresteer nie en ’n moordsaak is geopen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters