Verlede maand
Verdagte sê hy vat Tazne nie
VAS: Moyhdian Pangarkar toe hy gevang is.  ~ Foto Verskaf

MOYHDIAN Pangarkar kap zip oor Tazne van Wyk en hou by die storie dat hy die pragpoppie nie saam met hom gevat en gevlug het nie.

Pangarker is Maandag net ná 22:00 in Cradock in die Oos-Kaap in ’n B&B gevind. Hy sal daar in hegtenis bly totdat hy in die hof verskyn.

Luidens gerugte op social media is die gastehuis die Victoria Manor. Hy het glo daar ingeboek nadat hy daarheen gehike het.

Die agjarige Tazne het op Vrydag 7 Februarie verdwyn nadat sy by ’n huiswinkel oorkant haar ouerhuis in Clarestraat laas gesien is.

Sedert daardie dag het mense reg oor die Wes-Kaap al na Tazne gesoek.

Daar is gesê Pangarkar is baie bekend met plekke reg oor die Wes-Kaap en hy het ook plekke in die Oos-Kaap en Noord-Kaap gereeld besoek.

Pangarkar se girlfriend het tevore aan Son vertel hoe hulle van plek tot plek gehike­ het en dat hy baie smooth met sy mond is.

Pangarkar, wat tronkstraf van 20 jaar uitgedien het, is ’n paar weke voor Tazne se verdwyning op parool vrygelaat. Hy het vir die moord op sy tweejarige babatjie in die tjoekie gesit.

’n Ingeligte het aan Son vertel dat Pangarkar nog deur die polisie ondervra word.

Volgens die persoon was die Kaapse polisie reeds in die dorpie nadat Pangarkar se eks-vrou hom daarheen gelok het.

“Hy hou by die storie dat hy Tazne nooit gevat het nie.

“Sy rede hoekom hy op die run was, is dat hy glo sy paroolvoorwaardes verbreek het toe hy iemand in Worcester aangerand het.”

Nadat die nuus gebreek het van Pangarkar se arrestasie, het die inwoners van Cradock ’n massiewe soektog in die dorp geloods na die vermiste meisie.

Kapt. Lariane Jonker, ’n woordvoerder van die polisie in Cradock, het ’n beroep op plaaslike inwoners gedoen om na Tazne te help soek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters