2 dae gelede
Verdagte ook by braai – PEL
Vermoor: Gershwin Mohammed is ’n paar weke ná sy verjaardag doodgemaak.  ~ FOTO VERSKAF

FAMILIELEDE en vriende van ’n Strandfonteinse man gaan vandag voor die Mitchells Plain-landdroshof betoog teen bail vir sy vermeende killers.

Die 33-jarige Gershwin Mohammed is in Junie vanjaar – slegs ’n paar weke ná sy birthday – vermoor.

’n Vriendin wat uit vrees vir haar veiligheid anoniem wil bly, sê Mohammed was een van haar beste vriende.

“Ons gaan bymekaar kom voor die hof sodat borgtog geweier kan word vir die verdagtes.

“’n Mens se lewe is wreed van hom weggeneem.

“Ons almal het die reg op lewe. Dis tyd dat ons saamstaan en nie toelaat dat mense met sulke wrede, onmenslike crimes wegkom nie.

“Genoeg is genoeg,” be­nadruk die hartseer vriendin.

Sy sê Mohammed het een dogter en sy sinlose dood is ’n baie pynlike saak vir die familie.

“Ons het die Vrydag besluit om die Saterdag saam te kom vir ’n braai.

“Ons het gekuier en was omtrent ’n span van 11.

“Daar was nie baie alkohol betrokke nie, so niemand kon juis dronk raak nie.

Honger

“Gershwin was heeltyd onrustig, waarna ek hom moes vra om rustig te sit, want hy maak ons ook onrustig.”

Volgens haar was sy en Mohammed agt jaar vriende en het ’n baie hegte band gedeel.

Die vriendin vertel hulle het kos gekoop, maar Mohammed was nog honger, waarna hulle na sy ouers se huis toe gegaan het sodat hy nog iets kan eet.

Sy is nie lank daarna nie ook huis toe.

“Soos ek vanaf hom geloop het, het ek hom, soos altyd, gesê ek is lief vir hom.

“Al was ons twee in diep gesprekke, sou Gersh dit nooit terug aan my sê nie, maar wel deur sy aksies bewys. Daai aand toe sê hy: ‘I love you, my friend.’

“Van ons ander vriende wat aangekom het, kon die skok op my gesig sien soos ek hom dopgehou het, en het gevra wat is fout.

Teenwoordig

“Ek het net gespot: ‘Daar is iets nie reg nie,’ hoewel ek regtig geskok was.”

Die vriendin vertel die volgende dag was haar verjaardag en ál wat uitgekom het, was Mohammed om haar geluk te wens.

Die volgende dag het Mohammed se vriende en familie na hom begin soek. Sy lyk is daarna gevind.

Een van die verdagtes was ook teenwoordig by die braai die Saterdag, sê die vriendin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters