Verlede maand
Venter vlug en verdrink
DOOD: Die lyk van ’n 33-jarige man lê langs die vlei.  ~ Facebook

N VERMEENDE drug runner van Retreat het verkies om te verdrink eerder as om tjoekie toe te gaan.

Die 33-jarige man is tot dusver net bekend as Baboe.

Hy het Vrydag omstreeks 11:45 in die Lake­view-vlei naby die Retreat-treinstasie verdrink.

Volgens ’n ingeligte het die cops Baboe gesien terwyl hy drugs by die Retreat-stasie verkoop het.

Swem

Die polisie het hom gejaag tot by die vlei, waar hy in die water gespring het.

Na verneem word, kon hy nie swem nie.

Volgens Gavin Wallburg, voorsitter van die polisiëringsforum in Steenberg, is daar nog baie onduidelikheid rondom die voorval.

Wallburg sê: “Ek weet nie of dit die skollies of die cops is wat hom gejaag het nie.

“Die area daar naby die treinstasie is bekend vir drugs.

“Daar is veral nou ’n nuwe drug wat hulle aan die kinders verkoop.”

Kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

’n Geregtelik doodsondersoek is geopen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters