Verlede maand
Vele voel Vearey word getarget
all smiles: Generaals Peter Jacobs en Jeremy Vearey voor die arbeidshof, waar hulle ’n saak gewen het. Foto: Peter Abrahams  ~ 

DIE Wes-Kaapse adjunk-polisiekommissaris, genl.maj. Jeremy Vearey, kan dalk sy werk kwyt wees oor ’n string Facebook posts.

In die reeks posts wat tussen Desember en Februarie gemaak is, het Vearey op sy persoonlike Facebook-profiel uitlatings gemaak wat die Suid-Afrikaanse polisiediens na bewering in gedrang gebring het.

Luidens die klagte teen die generaal het hy op 7 Desember 2020 ’n foto van die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sithole, opgelaai met die woorde: “Good morning and how is the mind today?”

Dís met verwysing na ’n artikel oor lt.genl. Peter Jacobs en Sithole wat in daai stadium op Daily Maverick verskyn het.

Op 12 Desember 2020 het Vearey weer ’n foto van Jacobs­ opgelaai met die woorde “Once more unto the bridge” en “Dit is nie genoeg om jou vyand te haat nie. Jy moet verstaan hoe die twee van julle mekaar aanvul.”

Hierdie frase kom uit die boek Underworld, in 1997 deur Don DeLillo geskryf.

Dié uitlating hou verband met ’n dissiplinêre verhoor van Jacobs.

Op 25 Februarie het Vearey op ’n storie van News24 kommentaar gelewer waarby Jacobs betrokke was.

In die kommentaar sê hy: “Moer hulle! F*k hulle op!”

Hy het intussen in drie verskillende dissiplinêre verhore verskyn en pleit onskuldig.

Genl. Liziwe Ntshinga, wat die verhoor gelei het, het Vearey egter skuldig bevind aan wangedrag en stel voor dat hy afgedank word.

Vearey voel hy moet slegs ’n geskrewe waar­skuwing ontvang.

Colin Arendse, ’n gemeenskapsaktivis en fluitjieblaser teen korrupsie, sê hy vind dit uiters vreemd dat polisiebestuur tyd het om aan sulke onbelangrike sake aandag te gee.

Arendse vaar uit teenoor Son: “Dít terwyl ons mense elke dag op die Kaapse Vlakte vir bullets en verkragters moet koes.

Strategie

“Hoekom word dieselfde hulpbronne nie gebruik om ’n vinniger verhoor te doen in die aktiwiteite van die korrupte crime intelligence-eenheid wat kol. Charl Kinnear ontbloot het voor hy wreed vermoor is nie?”

Michael Jacobs, ’n gemeenskapsleier en voormalige voorsitter van die Mitchells Plain-gemeenskapspolisiëringsforum, voel hierdie is ’n strategie van minderwaardige top cops om van gesiene bruin MK cops ontslae te raak.

Jacobs sê eers was dit genl.maj. André Lincoln, gevolg deur die hoof van die Valke, Anwar Dramat, en nou is hul fokus op Jacobs en Vearey.

Hy verduidelik: “Die afgelope 15 jaar en meer word Lincoln, Jacobs en Vearey na bewering polities deur DA politicians in die Wes-Kaap vervolg.

“Hulle is gereeld in die provinsiale wetgewer se sittings getarget.

“Almal van die wat getarget is, is daarby betrokke om die gangsters en bekende underworld figures vas te vat.

Uitbuiting

“Dis ook deur hul efforts dat ’n hele paar high-profile bendeleiers hulself vandag in die hof bevind vir beweerde wapen-racketeering, uitbuiting, moord en verskeie ander ernstige misdade.”

Jacobs sê aan die einde van die dag is die vraag wie baat vind by hierdie aanvalle op bruin MK-generaals.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters