INWONERS van Manenberg en Mitchells Plain sê hulle is gatvol van foutiewe watermeters.
Hulle het Maandag na hul onderskeie rent-kantore ge-march om hul griewe te lug.
Amelia September, ’n woordvoerder van Proudly Manenberg, het gesê: “Ons verwerp die blou watermeters.
“Dit werk nes die elektrisiteitsboks. Hulle kan dit afsit wanneer hulle wil en die krane sal nie eens op die drup-sisteem gaan nie.
“En boonop is die meeste van die meters erg foutief.
“Daar is oorgenoeg water op die berge, onder die grond en in riviere. Ons wil ons eie water beheer.”
Sulyman Stellenboom van die Tafelsig Activists Forum het gesê: “Ons march ook teen die Stad wat net nie oor Dag Zero kan besluit nie.
Gratis
“Ons is gekant teen onbekwame mense in die Stad wat die watersituasie gebring het tot waar dit nou is.”
Xanthea Limberg, die mayco-lid vir informele nedersettings, water, afvaldienste en energie, het gesê: “Ons is nie in staat om water heeltemal gratis aan te bied nie, soos wat die organisasies voorstel.
“Die watermeters voorkom die oortollige gebruik van water, wat gedurende die krisis baie help.
“Armes kry 10,5 kiloliter water per maand gratis, wat gelyk is aan 50 liter per dag per persoon. Ons watermeters is van ’n hoë standaard.”