Verlede maand
Vearey se afdanking bekragtig
Genl.maj. Jeremy Vearey het as Madiba se lyfwag geleer die wêreld is grys, nie swart en wit nie en soms is medemenslikheid groter as die politiek. Foto: Edrea du Toit  ~ 

GENL. maj. Jeremy Vearey, Wes-Kaapse speurhoof, is afgedank. 

Vearey is ná 'n dissiplinêre verhoor daaraan skuldig bevind dat hy die polisie en die nasionale polisiehoof, genl. Khehla Sitole, se naam in oneer gebring het.

News24 berig Sitole het Vearey se afdanking Vrydag reeds bekragtig.

Lt. genl. Liziwe Ntshinga, wat die dissiplinêre verhoor gelei het, het bevind die Facebook-inskrywings was bedoel om Sitole se beeld skade te berokken. Ntshinga het toe aanbeveel dat hy afgedank word.

Vearey se inskrywings het verband gehou met die dissiplinêre verhoor teen die hoof van misdaadintelligensie, lt. genl. Peter Jacobs.

Luidens News24 het Vearey na bewering skuld ontken en gesê sy inskrywings is verkeerd vertolk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters