11 dae gelede
Vat fight na ryk areas, sê wit EFF-lid
jack
Jack Markovitz het saam met sy mede-EFF-lede in Brackenfell betoog.  ~ Anele Mfazwe

DIE situasie in Brackenfell raak baie rof.

Die polisie het pas honderde EFF-lede gekeer wat by die hekke van die plaaslike Hoërskool wou betoog.

Daar is nou ’n stand-off tussen die betogers en die polisie sowat 1km van die skool af.

Die EFF het ’n permit van die Stad Kaapstad gekry vir 100 mense om buite die skool te betoog.

Die polisie het waterkanonne en skokgranate gebruik om die skare uiteen te jaag omdat hulle meer as die toegelate getal is.

Inwoners en ouers van kinders by die skool vergader sedert vroeër vanoggend naby die skool.

Hulle is ver van die EFF-lede af.

Die Kaapse Party se leier, Jack Miller, sê hulle is teenwoordig om die ouers en die inwoners te support.

Volgens hom is die Kaapse Party gekant teen die EFF se rassisme.

'n Wit EFF-lid, Jack Markovitz, sê: "Die Kaapse Party is ’n white supremacist party. Jy kan dt aan die manier sien hoe hulle en die wit inwoners en ouers saamstaan. Hulle verlang na die ou apartheidsjare.

"Die DA is ook ’n white supremacist party. Jy kan dit sien aan die manier hoe hulle die whites-only matric dance hanteer het.

"Ons het nooit vryheid gehad nie. Nelson Mandela het vir ons en vir Winnie Mandela verraai.

"Die grond moet aan die regverdige eienaars daarvan terugbesorg word.

"Brackenfell is te klein. Hierdie arm wittes het nie geld nie. Daarom is hulle so bang om die klein eiendomme wat hulle het, te verloor.

"Ons moet die fight na ryk areas soos Clifton vat.  Brackenfell is te klein vir die struggle."

Daar is tans 'n groot polisieteenwoordigheid op die paaie naby en rondom die skool.

Die polisie het doringdraad naby die skool opgerig om die toegangspaaie af te sper.

Daar is ook 'n chopper wat by die hotspot rondvlieg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters