25 dae gelede
Vas vir moord
SLAGOFFER: Chantel Dean (38) van Delft is op 4 September vermoor nadat sy kontant in die Delft Mall getrek het.  ~ Foto Verskaf

’N VERMEENDE moordenaar wat die lang arm van die gereg probeer ontwyk het, is gearresteer.

Ashley Moses (36) van Delft het twee maande in Manenberg weggekruip.

Moses is egter Donderdag in Gouritzstraat gearresteer vir die moord op Chantel Dean (38) van Leiden.

Dean, wat die ma van ’n 18-jarige seun is, is op 4 September met ’n mes in die Delft Mall doodgesteek.

Sy is omstreeks 20:00 vermoor nadat sy kontant by ’n ATM getrek het.

Moses was ’n trollie-guard in die winkelsentrum.

Hy het vermoedelik gesien dat Dean geld by die ATM trek.

Sy het die kontant in haar bra versteek.

Moses het Dean na be­wering gevolg om haar te beroof.

Sy het geskree toe hy haar na bewering van agter gegryp het.

Moses het Dean na bewering met ’n mes in die nek gesteek en gevlug sonder om haar te beroof.

’n Vrou het op die bloeiende Dean afgekom en ’n sekuriteitswag geroep.

Sy het haar egter doodgebloei voordat die ambulans opgedaag het.

Die hele voorval is op die winkelsentrum se CCTV-stelsel opgeneem.

Die cops het Moses eers by sy huis in Voorbrug gaan soek.

’n Polisiewoordvoerder. Siyabulela Malo, sê Moses het Maandag in die Bellville Landdroshof verskyn.

Die saak is tot Maandag uitgestel sodat hy ’n regsverteenwoordiger vir hom kan reël.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters