Verlede maand
Vas ná funeral - wéér vry
VERKRAGTINGSAAK: Die beskuldigde se borgtogvoorwaardes is aangepas.  ~ Foto Verskaf

DIE gemeenskap van Mitchells Plain is omgekrap nadat dit uitgekom het ’n voormalige bestuurder van die Stad Kaapstad se subraad in die area het vir die derde keer uit die plaaslike landdroshof geloop.

Die beskuldigde (56) het vroeër vandeesweek in die hof verskyn nadat hy na bewering ’n funeral bygewoon het in ’n area wat hy moet vermy. Hy is aangekla van ’n misdaad in dié gebied.

Gevolglik het hy sy borgtogvoorwaardes oortree.

Die voormalige subraad-bestuurder is verlede jaar op klagte van verkragting en onsedelike aanranding gearresteer nadat hy na bewering vir drie jaar met sy 13-jarige niece van Bay View gelol het.

Die hofsaak was sedert sy eerste verskyning op almal se hofboeke. Die saak is egter baie gekritiseer omdat dit heeltyd geheim gehou is.

Die besonderhede van die saak is eers ure ná sy verskyning aan die media beskikbaar gestel.

Baie inwoners het ook rooi gesien omdat die man op borgtog van R1 000 vrygelaat is, al is petisies onder­teken en al is daar by elke hofverskyning teen bail betoog.

Dinsdag het dit aan die lig gekom die beskuldigde het weer stil-stil in die hof verskyn nadat hy sy borgtogvoorwaardes verbreek het.

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het die beskuldigde in die hof verskyn oor hy ’n funeral in Strandfontein bygewoon het.

Hy sê die man is vrygelaat omdat ’n ondersoek begin is om te kyk of die voorwaardes na Strandfontein of Bay View verwys.

Gister is bekend gemaak die beskuldigde het weer van die hof weggestap nadat sy lawyer uitgewys het Strandfontein is nie deel van Bay View nie.

Sy borgtogvoorwaardes is toe verander om die groter Strandfontein-area in te sluit as ’n plek waar hy nie sy voete mag sit nie.

Aansoek

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, bevestig die man is gearresteer nadat hy sy borgtogvoorwaardes oortree het.

“Die beskuldigde het op 3 Januarie die voorwaardes oortree. Nadat die aansoek vir ’n lasbrief ingedien en hy gearresteer is, is hy in arres gehou. Hy’t op 18 Januarie in die hof verskyn.”

Die beskuldigde kom weer op 4 Maart voor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters