25 dae gelede
Vark verkrag sy 12-jarige
verskriklike Hartseer: ’n Meisie (12) van Wesbank se eie pa loop hof vir haar verkragting. Foto ter illustrasie: Jonathan Lestrade  ~ 

’N GESIN van Wesbank voel hulpeloos nadat hulle 12-jarige meisiekind se biologiese pa – en vermeende verkragter – weer op straat is.

Die laerskoolleerder se ma en pa is reeds meer as 10 jaar uitmekaar. Hulle is al geruime tyd geskei. Die meisie en haar ma het by haar oupa gaan woon toe sy nog ’n peuter was.

Haar pa het steeds visiting rights gehad en naweke en vakansies die kind kom haal.

Haar oupa vertel: “Vroeg in Augustus het sy weer vir ’n vakansiedag by haar pa gaan kuier. Hy het haar die volgende dag skool toe geneem.”

Hy sê toe die pa die Saterdag daarna weer by die huis opdaag, wou die kind nie saam met hom gaan nie.

“Ons het niks daarvan gedink nie, maar haar nie laat gaan nie.”

Die Dinsdag daarna het die meisie saam met die gesin ’n TV-program gekyk waarin ’n meisie verkrag is.

“Dit is toe dat sy haar ma vertel dat haar pa dít ook met haar gedoen het.”

Die oupa sê hulle het dadelik gespring om ’n saak te maak. By die dokter is hulle meegedeel die kind is meer as een keer verkrag en dit het oor ’n tydperk gebeur.

Haar pa is toe gearresteer.

Die meisie het intussen met berading begin.

“By die berading het dit uitgekom dat haar pa haar van kleins af molesteer en later begin verkrag het.

In die laaste geval of gevalle was die pa se girlfriend ook in dieselfde bed waar die kind verkrag is.

Sy sê toe hy haar op die vakansiedag verkrag het, het sy geskreeu en die girlfriend aan die arm gegryp. Dié het haar egter net weggetrek en omgedraai.

“Die volgende oggend het die girlfriend gesê my kleinkind moet haar panty uittrek en dit was,” sê die oupa.

Die pa is Vrydag op borgtog van R2 000 vrygelaat.

“Die gemeenskap het ons kom sê hy is weer in Wesbank. Die hof het in sy borgvoorwaardes gesê hy moet in Grabouw gaan bly.”

Gesweer

Die oupa sê sy kleinkind is nou selfs bang om skool toe te gaan.

“Hy moes haar seker die dood voor die oë gesweer het, want hoekom is sy so bang? Ons is raadop, want hy was dan in die tronk en nou is hy weer uit. My hande voel afgekap.

“Daarom het ek Son gebel ... om mense daar buite wat meer weet en meer kan doen, om hulp te vra.”

Die polisie het die voorval bevestig.

Joshua Chigome van die departement van maatskaplike ontwikkeling sê hulle het ’n maatskaplike werker na die gesin gestuur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters