15 dae gelede
Vark skuldig aan kid rape
Christopher Bowler
GEVANG: Die veroordeelde verkragter Christopher Bowler sal in aanhouding bly totdat hy gevonnis is. Foto: FACEBOOK  ~ 

HY WAS gereeld op die webwerf Mothers I’d Like to F*ck – maar meantime was hy agter jong meisietjies aan.

Christopher Bowler (40) is gister in die Parow-streekhof skuldig bevind aan 11 klagte van seksuele aanranding.

Die kinderverkragter het ook foto’s van sy penis op die Mothers site gelaai. En sy selfoon was vol foto’s van vaginas van ongeïdentifiseerde vroue.

Bowler se vieslikhede met twee meisietjies het in 2015 geëindig toe hy by sy werk gearresteer is.

Landdros Amanda van Leeve het gister gesê Bowler kan verskeie lewenslange vonnisse verwag.

Die sussies se familielede het mekaar ná die uitspraak in die hof getroos.

“Nou kan ons ons lewe herbou,” het die meisies se mammie gesug. “Vanaand kan ek en my kinders weer in vrede slaap.”

Bowler se lafhartige dade­ het in 2015 begin uitkom toe die sussies – toe 9 en 12 jaar oud – mekaar vertel het hy molesteer hulle.

Voor dié tyd het hy hulle so gedreig dat hulle te bang was om enige iemand van hulle lyding te vertel.

Die varklike IT-spesialis het die twee sussies tussen 2013 en 2015 aan pornografie blootgestel, hulle vaginas­ betas en sy penis in hulle monde en vaginas gedruk.

Hy het dit gedoen terwyl hy ’n huis met die meisies en hulle ma gedeel het.

Die sussies se ma het ook eers in 2015 gehoor van die seksuele aanranding van haar dogters.

Dit was nadat die 12-jarige haar skoolmaats vertel het wat hy doen.

Een van haar maatjies het met dié inligting na ’n onderwyser gegaan. Dit is toe by die polisie aangemeld.

Die sussies is medies ondersoek en die dokters kon sien hulle is albei verkrag.

In hulle verklarings het hulle vertel hoe, waar en wanneer Bowler hulle aangerand het.

Dit het gereeld gebeur terwyl hulle ma op ’n Sondag kerk toe was – en soms selfs as sy in die huis was.

Wanneer die vark die oudste meisie in sy kar gehad het, het hy haar ook baiekeer gedwing om sy penis te suig.

In 2015 het Bowler die vermetelheid gehad om die oudste meisie op haar ma se bed in die voorkamer te force om sy penis te suig en haar toe verkrag.

Hy het ook vir die oudste meisie gesê sy moenie skaam wees vir haar liggaam nie.

Sy het toe naakfoto’s van haarself aan seuns in haar skool en aan Bowler begin stuur.

In een van sy vieslike boodskappe aan die oudste meisie het hy aan haar gesê: “F*k, ek’s lus vir ’n p**lsuig.”

Bowler sal in aanhouding bly tot sy vonnisoplegging op 12 Oktober.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters