Verlede maand
Vanjaar se Eid anders vir vroue
Positiewe verandering: Vroue is vanjaar uitgenooi om saam met die mans te bid.  ~ Jonathan Lestrade

SELFS in dié tyd van die ongekende isolasie is Eid Vrydag gevier.

Sheikh Hassan Pandy se boodskap was dat mense mekaar moet bystaan. Hou by liefde en nederigheid.

By die Darul Islam-skool in Surray Estate het die oggendgebede opgeklink.

Vanjaar se viering was anders, nie net oor die pandemie nie, maar omdat vroue die potte eenkant toe kon skuif om saam met hul mans te bid. Pandy sê die rede hiervoor is dat hulle die stigma wou breek. ’n Vrou se plek is nie net agter die potte nie, maar ook naby Allah.

Gevas

“Ons wil change hê, positiewe verandering. Daarom het ons besluit om saam met ons families te bid sodat ons ’n familie-lifestyle kan begin.

“Ons wou ook ons vroue, ma’s en dogters wys dat hulle mos saam gevas het en ons wou ons vas saam breek.”

Basheerah Hendricks Gamieldien sê: “Ja, nou hoef ons nie voor die potte te staan en stres as ons kos dalk nie lekker proe nie.”

Gamieldien sê die ervaring was vir haar een wat sy beslis nooit sal vergeet nie.

Sy het bygevoeg: “Dis waar wat die sjeg gesê het: ’n Vrou se plek is in die plek van Allah.

“Dis ’n eer dat die mans hul leierskap-spot vir ons opgegee het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters