25 dae gelede
Valke-kolonel in huis doodgeskiet
Christelle Stemmet
Kol. Christelle Stemmet.  ~ Foto Verskaf

‘N KOLONEL van die Valke is Sondagaand in haar huis in Table View in Kaapstad doodgeskiet.

Kol. Christelle Stemmet is twee keer geskiet en het op die toneel gesterf.

Lt. Kol. Philani Nkwalase, ‘n woordvoerder vir die Valke, het Maandagoggend die voorval bevestig en wou nie uitbrei oor die omstandighede rondom die voorval nie.

Nkwalase sê hulle sal later ‘n verklaring uitstuur.

“Huidiglik moet ons seker maak al die familielede dra kennis van die voorval.”

Netwerk24 berig twee koeëldoppies is op die toneel gevind, maar nie die moordwapen nie.

Een van Stemmet se vriendinne het na bewering die polisie gebel. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters