7 dae gelede
Valke en cops vind dwelms
VONDS: Dié dwelms was in swartsakke versteek.  ~ Foto Verskaf

DIE Valke en die cops se misdaadintelligensie-eenheid in die Wes-Kaap het Sondag beslag gelê op meer as R5,4 miljoen se dwelms.

Dit volg nadat die Valke ’n bakkie onderskep het wat uit Gauteng onderweg was na die Kaap.

Een verdagte is by ’n vulstasie op die N2-snelweg naby die Strand in hegtenis geneem.

Volgens Zinzi Hani van die Valke het hulle beslag gelê op 19 sakke rou kokaïen wat glo in die voertuig se panele versteek was.

Die drywer, Xolile Skoti (39), het Maandag in die Strand-landdroshof verskyn. Die saak teen hom is tot 31 Augustus uitgestel.

Hy is op borgtog van R25 000 vrygelaat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters