4 maande gelede
Untu verwelkom besluit oor Walker
SPESIALE VERLOF: Richard Walker is nie nou by die werk nie.  ~ Peter Abrahams

DIE United National Transport Union (Untu) verwelkom die besluit dat Richard Walker op spesiale verlof geplaas is.

Só sê Sonja Carstens, die adjunk-sekretaris-generaal en mediawoordvoerder van Untu.

“Ons verwelkom ook dat die administrateur van Prasa, Bongisizwe Mpondo, die aanbevelings wat gemaak is, ernstig opneem.”

Dit kom nadat Walker, die streeksbestuurder van Metrorail in die Wes-Kaap, op betaalde verlof geplaas is terwyl die organisasie aandag gee aan talle uitdagings in die streek.

Prasa het in ’n verklaring gesê Mpondo het die Wes-Kaap besoek en verskeie probleme bekyk.

Volgens Carstens is Walker twee jaar gelede ook weens klagtes op spesiale verlof geplaas. “Die klagtes is later laat vaar en hy is in sy amp herstel.

“Ons het dit bevraagteken en is openbare beskermer toe. Die saak is ondersoek, maar ons het niks gehoor nie.

Aanvalle

“Walker is nie geskik vir sy pos nie en ons het voorheen gevra dat hy uit sy pos ver­wyder moet word.”

Carstens sê Walker is aan die hoof van ’n moeilike provinsie en daar was baie aan­valle op ons mense, veral op die sentrale lyn.

“Daar was baie gevalle van brandstigting op treinwaens en Walker was nie in staat om agter die kap van die byl te kom nie. Ons verwelkom die besluit dat hy op spesiale verlof gaan.”

Sy voeg by hy moet ook ’n kans kry om sy naam in ere te herstel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters