Verlede maand
Uitkenning ruk pa en ma kwaai
MIS ONS DOGTER: Terrence en Carmen van Wyk se harte is heeltemal stukkend.  ~ Jonathan Lestrade

“HAAR lyk is onherkenbaar. Sy het lank in die stormwaterpyp gelê en dit was ook diep in die stormwaterpyp gedruk.”

Só los ’n ingeligte bos oor die toestand waarin Tazne van Wyk se lyk was.

“Hy moes ’n stok of iets gebruik het om haar daar te kry.”

Daarom was minister Noma­french Mbombo se taak Dinsdag bitter moeilik om aan Tazne se ouers hulle kind só te wys.

Daar is eers aangedring dat die ouers vir berading moet gaan voordat én nadat hulle die uitkenning van die liggaam doen.

Sien

Volgens Mbombo het mammie Carmen van Wyk haar Maandag gebel om te pleit dat hulle hul kind wil gaan sien.

Volgens Mbombo verstaan sy hoe belangrik dit vir ’n mammie is om haar kind te sien, al is dit net ’n lokkie hare of ’n tand wat sy kan eien.

Mbombo verduidelik: “Vir ’n ma maak dit ’n groot verskil.”

Volgens die ingeligte het die polisie Maandag klere, asook ’n boek van die Elsiesrivier-meisie gaan haal met vingerafdrukke daarop om seker te maak dat die lyk wel Tazne s’n is.

Die ingeligte sê die ouers wou egter self gaan seker maak en nou is die aanvaarding so verskriklik moeilik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters