7 dae gelede
UCT ontruim hul koshuise
universiteit van kaapstad
Die Universiteit van Kaapstad help sy studente om koshuise te ontruim.  ~ Michael Hammond

DIE Universiteit van Kaapstad is besig om koshuise te ontruim ná vier mense by dié instelling positief getoets het vir die corona-virus, Covid-19.

Mamokgethi Phakeng, UCT se visekansellier, het Maandag aan IOL gesê 'n nagraadse student asook drie van haar kollegas is onder kwarantyn geplaas.

Die universitiet sê aan News24 hulle het reeds busse gereël vir studente in hul koshuise om huiswaarts te keer voor die lockdown van 21 dae in werking tree.

Pres. Cyril Ramaphosa het die lockdown aangekondig in 'n poging om die verspreiding van die virus te stuit.

Die universiteit sê verdere reëlings is reeds verlede week getref om te verseker dat studentetoelaes onmiddellik inbetaal word.

Geen personeellede sal ook op kampusse toegelaat word nie.

UCT skakel ook met buitelandse ambassades om te verseker dat internasionale studente veilig na hul lande kan terugkeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters