7 maande gelede
Tyrone se moord nog onopgelos
SOEKTOG GAAN AAN: Tyrone Philander se moordenaars is steeds nie aangekeer nie.Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

GEEN arrestasie is al gemaak nadat Tyrone Philander laas week in Ravensmead doodgeskiet is nie.

Hy is die broer van die Protea-krieketspeler Vernon Philander.

Tyrone is Woensdag doodgeskiet nadat hy vir sy aanstaande skoonma gaan water haal het.

Dit volg ná ’n reeks bendeverwante skietvoorvalle wat Ravensmead die afgelope twee weke geruk het.

Son verneem daar was arrestasies wat met die ander skietery verband hou, maar dit kon nie bevestig word nie.

Positief

Zelda Trantraal, die woordvoerder van Ravensmead se gemeenskapspolisiërings­forum (GPF), sê hulle het ’n krisisvergadering oor die skietery met die polisie gehou.

“Die vergadering was positief. Die inwoners wil weet wat die polisie doen.

“Ons het gevra dat hulle ons net op die hoogte moet hou van die ondersoeke.

“Ons het die polisie ook gevra om meer sigbaar en pro-aktief te wees.

“Wanneer daar ’n skietery is, is daar ’n klomp polisievêns op die toneel.”

Die GPF-lede sê ook mense is bang en Ravensmead is nou in die aande ’n spookdorp.

“Die mense is bang om uit hul huise te kom,” sê hulle.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters