4 maande gelede
Tweeling loop hof vir moord
Toneel: Die twins het van hierdie huis af gevlug.  ~ Verskaf

’N MINDERJARIGE tweeling van Macassar staan vandag in die landdroshof in Somerset-Wes tereg vir die moord op hul ouma se boy­friend.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval Vrydag gebeur.

Stoeiery

Die twee beskuldigdes en die slagoffer, Joseph Swarts (65), het na verneem word in ’n woordewisseling betrokke geraak omdat hy hulle glo die huis belet het.

’n Stoeiery het na bewering ontstaan en een van die twee beskuldigdes het vir Swarts met sy vuis teen die kop geslaan.

Neus

Swarts het daarna op die rusbank geval.

Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle die oorledene op die rusbank aangetref.

Hy het glo beserings aan sy neus en mond gehad en daar was bloed op sy bors.

Die twee beskuldigdes het van die toneel af weggehardloop voordat hul ouma hulle kon konfronteer.

Die polisie het hulle egter later in hegtenis geneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters