6 dae gelede
Tweede taxi-man geambush
END VAN PAD: Gift Maocha, ’n Taxify driver van Zimbabwe, is Woensdagaand in Brooklyn beroof en doodgesteek.Foto: LEON KNIPE  ~ 

NOG ’n Taxify driver is binne ’n week vermoor.

’n Zimbabwiër is Woensdagaand in Riebeeckstraat in Brooklyn, Kaapstad, dood­gesteek.

Gift Maocha (40), die pa van twee seuntjies, is omstreeks 20:35 verskeie kere in sy grys Honda Ballade in die bors gelem. Hy het in sy motor aan sy wonde beswyk.

Maocha se familie en vriende was ontroosbaar op die moordtoneel.

Hy het vermoedelik stry gekry met twee mans wat hom wou beroof.

Maocha is daarna gesteek. Die verdagtes het sy selfoon gesteel voordat hulle weg­gehardloop het.

Huis

Volgens Tavadzwa Gandar was Maocha, sy broer, die afgelope drie jaar ’n Taxify driver.

Gandar het gesê: “Hy, sy vrou en hulle twee seuntjies is al die afgelope vyf jaar in die land.

“Hy was op pad huis toe nadat hy klaar gewerk het toe die voorval plaasgevind het.

“Ons vermoed hy is doodgesteek toe hulle hom beroof.”

  • Robin Dreyden (32), ’n Taxify driver van Ravensmead, is ’n week gelede ook beroof en doodgesteek.

Die voorval het in Langa plaasgevind.

Hy is in sy nuwe grys Toyota Corolla Quest aangeval.

Dit was Dreyden se eerste dag as Taxify driver.

Hy het later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, word ’n moordklag ondersoek. Niemand is nog gearresteer nie.

Enige iemand met inligting oor die voorvalle word gevra om Stop Misdaad gratis te bel by 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters