3 maande gelede
Twee vroegoggend doodgelem
weg: Achmat Mullins (38) is op pad werk toe doodgesteek. Foto: Peter Abrahams  ~ 

’N MAN van Kensington wat met ’n mes in die kop gesteek is, is gister in die hospitaal dood.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, is die man (35) een van twee mans wat gister in Kensington in twee afsonderlike voorvalle gesteek is.

In die eerste voorval is Achmat Mullins (38) doodgesteek.

Peter Abrahams berig Mullins was blykbaar op pad werk toe toe hy aangeval is.

Inwoners het sy liggaam in 12de Straat gevind. Volgens ’n familielid was dit die tweede aanval op hom. In die vorige aanval is hy ook beroof, maar hy het survive,” het Van Wyk gesê.

Die aanval op die 35-jarige het in Crematorium-weg gebeur. Hy was ook op pad werk toe.

Inligting

Hy is met die mes steeds in sy kop na ’n hospitaal gerush.

Albei voorvalle het tussen 06:00 en 06:30 plaasgevind.

Enigeen met inligting oor die voorvalle kan die ondersoek­beamptes by die Kensington-polisiestasie by 021 594 7033 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters