8 dae gelede
Twee vermoor
SLAGOFFER: ’n Somaliese winkeleienaar van Ocean View, Mohammed-Noor Moosa, is Sondagoggend doodgelem.  ~ Foto Verskaf

’N SOMALIËR is Sondagoggend in Ocean View in ’n rooftog doodgelem.

Mohammed-Noor Moosa, ’n winkeleienaar, was omstreeks 06:30 besig om sy winkel oop te sluit toe drie mans hom aanval.

Moosa is na verneem word verskeie kere gesteek.

Hy het aan sy bors, arm en sy wonde opgedoen. Hy is op die toneel dood.

Ná die aanval en rooftog het drie verdagtes van die toneel weggehardloop.

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n woordvoerder van die polisie, het die verdagtes met ’n on­bekende bedrag weg­gekom.

Van Wyk sê: “Nadat die polisie inligting opgevolg het, is twee verdagtes van onderskeidelik 20 en 24 jaar oud gearresteer.”

Die verdagtes sal binnekort op klagte van moord en roof in die Muizenberg-hof verskyn.

  • Sondagmiddag is ’n vermeende druglord in Delft afgemaai.

Die voorval het omstreeks 16:40 in The Hague gebeur.

Die 54-jarige man is op die toneel dood.

Die man, ene Holle, het na verneem word aan die 28’s-bende behoort.

Hy het in sy blou BMW gesit toe hy in Fort Worth Road­ in die kop geskiet is.

’n Vrag cops was op die moord­toneel. Hulle het dit gefynkam vir leidrade.

Volgens Mihlali Majikela, ’n woordvoerder van die polisie, word die saak ondersoek.

Tot dusver is niemand nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters