13 dae gelede
Twee vas vir bedreigde plante
kaktus plant
Die bedreigde plant waarop beslag gelê is.  ~ Verskaf

TWEE verdagtes is Dinsdag tussen Ashton en Robertson, vir die besit van 'n bedreigde plantspesie ter waarde van R2,2miljoen, gearresteer.

Kapt. FC van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder, sê lede van die veediefstal en bedreigde-spesie-eenheid op Worcester en Cape Nature-bewaring het opgetree op inligting wat ontvang is by 'n plaas naby Ashton.

“Die lede het reageer op inligting dat 'n voertuig met 'n bedreigde spesie op die R60 tussen Ashton en Robertson vervoer word.”

Van Wyk vertel die beamptes kon die Ford Ecosport aftrek en deursoek.

"In die kar was twee verdagtes van 44 en 71 jaar, met drie wynbokse, toegeplak met tape en 'n plastieksak met kaktus-plant.

"Toe daar getel word was dit 60,397 Conophytum plante ter waarde van sowat R2,2 miljoen, maar oorsee kan dit 'n straatwaarde van tot R24 miljoen beloop."

Daar is ook op 'n onbekende bedrag geld, drie selfone en 'n laptop beslag gelê.

Die verdagtes sal Donderdag in die landdroshof op Montagu verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters