13 dae gelede
Twee vas oor sakke vol dagga
SLAG: Die groot sakke dagga wat op beslag gele is.  ~ Foto Verskaf

LEDE van die Maitland-blitspatrollie het Sondagaand beslag gelê op dagga ter waarde van duisende rande.

Hulle was op patrollie in Borcherds Quarry Road toe ’n voertuig baie vinnig verby hulle gejaag het. Die kar is afgetrek en twee groot sakke dagga is in die kar gevind.

Die dagga straatwaarde van die dagga word geskat op sowat R28 700.

Twee mans in hulle dertigs is gearresteer en het gister in die Bishop Lavis Landdroshof verskyn.

  • In ’n onverwante voorval het die Table View-polisie dieselfde aand op ’n gesteelde kar afgekom.

Hulle het rondom 23:30 ’n kar gewaar en die drywer gevra om af te trek. Die drie insittendes het toe ewe skielik in verskillende rigtings laat spaander, maar een verdagte is aangekeer.

Daar is vasgestel die kar is in November 2019 in Simonstad gesteel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters