2 maande gelede
Twee van bendes doodgeskiet
MOORDTONEEL: Rafiek Salie (27) is gisteroggend douvoordag in New Woodlands doodgeskiet.Foto: LEON KNIPE  ~ 

’N VERMEENDE gangster is gisteroggend in New Woodlands afgemaai.

Rafiek Salie (27) se lyk is 07:40 langs die treinspoor gevind.

Volgens ’n familielid het twee mans hom tussen 04:00 en 05:00 gisteroggend by sy huis kom roep.

Hy het saam met die mans gegaan. Dit was die laaste dat sy familie hom gesien het.

Sy vrou het hulle twee kinders later die oggend skool toe geneem.

Op pad terug het iemand vir haar gesê haar man se lyk lê langs die spoorlyn. Hy is van agter af in die kop geskiet.

In nog ’n voorval Dinsdagaand in Ocean View is ’n man ook doodgeskiet.

Die man bekend as Trille is op die hoek van Alpha- en Geminiweg by Lankspur Court in die kop geskiet.

Hy is na verneem word ’n gewese bendelid en het op die toneel gesterf.

Volgens kapt. Hein Hendricks, ’n polisiewoordvoerder, is niemand nog vir die twee moorde gearresteer nie.

Enige persone met inligting kan die polisie se misdaadtolvrynommer, 08600 10111, skakel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters