8 dae gelede
Twee se stories klop nie meer
Marie Verwey (80)FotoVerskaf  ~ 

NICOLEZE “Nicole” Geldenhuys­ se verhouding met haar boyfriend het versuur ná ’n noodlottige rooftog.

Soveel so dat sy hulle baba (tien maande) wou opgee vir adoption.

Geldenhuys, haar boy- friend, Romeo Hendricks, André Coetzee en Enrico “Darkie” Malherbe loop saam hof vir die moord op Marie Verwey.

Die staat sê hulle het op 16 Februarie saam vir Verwey vermoor deur haar meer as 50 keer met ’n mes te steek.

Ná die moord het hulle haar van twee sakke juwele van sowat R700 000 beroof.

Die voorval het by Verwey se gastehuis in Paradyskloof, Stellenbosch, plaasgevind.

Nicole was gister in die getuiebank.

Sy het gehuil toe sy vir Verwey – wat sy “Ma” noem – se seun om vergifnis vra.

“Ek is jammer vir wat gebeur het, Francois. Jy en Ma was nog net goed vir my.

“Dit was nie die plan om haar dood te maak nie.”

Suur: Nicole Geldenhuys en Romeo Hendricks se romanse het in Pollsmoor opgedroog.Foto: Foto24/Edrea Du Toit

Sy’t voorheen getuig dat hulle die rooftog goed beplan het, maar dat dit in moord ontaard het. Hendricks was deel van die beplanning en uitvoer van die voorval.

Gister het hy egter sy hande in onskuld gewas. Volgens sy lawyer, Saleem Halday, weet hy niks van ’n beplanning van ’n rooftog nie.

Hy sê by monde van Halday hulle was eintlik op 16 Februarie op pad Hanover Park toe om sy shipment drugs op te tel.

Geldenhuys het hom gevra om by haar werk te stop. Terwyl sy binne was, het Darkie dors geword en water gaan vra.

Hulle was geworry oor Darkie en Geldenhuys so lank maak en Coetzee het ook by die huis ingegaan. Daarna het hulle Hanover­ Park toe gegaan.

Volgens hom het hy en Geldenhuys constantly gestry oor sy voorheen ’n aborsie gehad het en ook die kind wat sy tans het, wou opgee.

Sy het die aborsie erken en ook erken sy wou die kind laat adopt. Die res, sê sy, is een lang liegstorie.

Sy sê haar weergawe is die waarheid. Volgens Geldenhuys het Romeo haar omgepraat om liegstories in die hof te vertel. Hy het tot vir haar ’n selfoon hof toe gebring wat sy in Pollsmoor gebruik het. Die selfoon is gebruik om kommunikasie oop te hou oor wat hulle in die hof gaan spoeg.

Halday sê haar verskillende weergawes maak van haar ’n onbetroubare getuie.

Die saak duur Maandag voort.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters