Verlede maand
Twee rooftogte op een dag by winkelsentrum
parow mall
Twee cash-in-transit rooftogte is op dieselfde dag by die winkelsentrum uitgevoer.  ~ 

PAROW Centre was soos ‘n toneel uit ‘n action movie.

Twee cash-in-transit rooftogte is op dieselfde dag daar uitgevoer.

Rowers het eerste vroeg Donderdagoggend toegeslaan.

Dit was toe die skurke binne die mall ‘n cash vên wat kontant by die Capitec-bank afgelewer het geteiken het. 

Later die dag het die gunmen wat in 'n wit Toyota Corolla gery het 'n ander cash vên op die parking lot geteiken.

Gelukkig kon ‘n eenheid van die polisie vinnig reageer.

‘n Video opname van die tweede voorval is per selfoon geneem en wyd op sosiale media versprei.

Son verneem een van die rowers is op die toneel doodgeskiet.

parow mall
Son verneem een van die rowers is op die toneel doodgeskiet.

Vier ander gunmen is in hegtenis geneem nadat hulle surrender het.

Sers. Noloyiso Rwexana, 'n polisiewoordvoerder, het navrae na die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (OPOD) verwys.

'n OPOD-woordvoerder, Ndileka Cola, bevestig hulle ondersoek ‘n sterfgeval weens polisie aksie. Dit nadat die driver van die betrokke wit Toyota doodgeskiet is.

Dit kom nadat die polisie op n rooftog wat aan die gang was reageer het.

Cola sê: “Die driver van die Toyota het na bewering die kar aangery ondanks die polisie se opdrag dat hy moet stop.” 

parow mall
Vier ander gunmen is in hegtenis geneem nadat hulle surrender het.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters