Verlede maand
Twee ontsnaptes weer agter tralies
malmesbury manhunt
Een van die gevangenes wat verlede jaar in Julie ontsnap het.  ~ Jonathan Lestrade

TWEE gevangenes is weer agter tralies nadat hulle Donderdagoggend uit die nuwe Malmesbury-gevangenis ontsnap het.

Kol. Andre Traut, 'n polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die omstandighede rondom die ontsnapping om 10:00 word nog ondersoek.

Traut sê die gevangenes van 23 en 28 jaar oud is onderskeidelik vir huisbraak en diefstal in die tronk.

In Julie verlede jaar het 69 verhoorafwagtende gevangenes uit die Malmesbury-gevangenis ontsnap nadat hulle beamptes tydens 'n oefensessie oorrompel het.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters