10 dae gelede
Twee lyke in Kraaifontein
YSIGE EINDE: Die een man het vermoedelik in hierdie drein verkluim. FOTO’S VERSKAF  ~ 

DIE lyke van twee mans is Donderdag in Kraaifontein gevind.

Die een man is doodgeskiet en die ander een het vermoedelik verkluim waar hy in ’n dreinpyp geslaap het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig die cops ondersoek albei sake.

In die een voorval is ’n onbekende man se lyk met verskeie skietwonde Donderdagoggend langs die N1-snelweg gevind.

Van Wyk se: “Die Kraaifontein-polisie het omstreeks 08:25 ’n klag ontvang.

Rigting

“Toe die polisie by die toneel opdaag, het hulle ’n man aangetref wat op die rand van die pad langs ’n muur gelê het.

“Dit was net ná die Okavango-brug in die rigting van die Paarl.

“Die omstandighede rondom sy dood word ondersoek.

Van Wyk vra enige een met inligting oor hierdie noodlottige skietvoorval om AO Mzamadoda Ma­yekiso van die Kraaifontein-speurtak te kontak by 076 711 7539 of bel Crime Stop by 08600 10111.

Van Wyk sê in die ander voorval is ’n doodsondersoek hangende nadat die lyk van ’n man (56) in ’n drein by Ou Paarlweg in Kraaifontein gevind is.

’n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters