8 dae gelede
Twee getuig teen Packham
tjoepstil: Rob Packham is ene ore op die derde dag van sy verhoor. Foto: peter abrahams  ~ 

’N BUURTWAGLID het face to face met die vermeende wife killer Rob Packham gekom die dag toe dié se vrou vermis geraak het.

“Hy het nie na my gekyk nie, maar het angstig gelyk,” het staatsgetuie nr. 25, Paul Gray, gister getuig oor Packham, wat destyds pas in ’n metallic groen BMW geklim het.

Packham word in die Wes-Kaapse hooggeregshof verhoor vir die moord op sy vrou, Gill.

Haar liggaam is op 22 Feb­ruarie laas jaar in haar uitgebrande kar se boot by die Dieprivier-stasie gevind.

Gray woon in Bergvliet. Hy het getuig hy het omstreeks 14:00 ingeteken voordat hy op patrollie gegaan het.

“Naby die Primêre Skool Herzlia het ek ’n stilstaande kar sonder nommerplate gesien,” het Gray getuig.

Opgelet

“Daar was niemand in die kar nie. Dit het verdag gelyk. Ek het gedink dis dalk ’n gesteelde kar.”

Hy het uit sy kar geklim en om die BMW gestap.

“Ek het ook opgelet dat die kar nie ’n licence disc het nie,” het hy getuig.

“Ek het in my kar geklim. Dit het sowat 60 m van die BMW gestaan.

“Ek het notas begin maak voordat ek dit aan die beheer­kamer kon rapporteer sodat hulle dit kon opvolg.”

Gray het getuig terwyl hy notas gemaak het, het hy ’n man aan die bestuurderskant van die BMW sien inklim.

“Ek kon sien dis ’n wit man met ’n kortbroek aan,” het hy getuig. “Ek het besluit om die kar te nader.

“Toe ek by die bestuurderskant kom, het ek met my hand aangedui die persoon moet stop omdat daar ’n probleem met die nommerplate is.”

Gray het gesê die man het nie na hom gekyk nie, maar hy kon sien dié krap naby die stuurwiel rond.

“Hy het angstig gelyk. Hy het net vinnig na my gekyk voordat hy weggery het,” het hy getuig.

“Ek het hom agternagesit, maar kon hom naby Kendalweg nie meer sien nie.”

Gray het getuig hy het Packham in ’n foto-identiteitsparade uitgeken. Hy moes ook aan die hof uitwys wie hy in die BMW gesien het.

Hy het gesê twee mense in die hof lyk soos die man en eers na iemand in die galery beduie voordat hy sy hand op ’n angstige Packham se skouer­ geplaas het.

Nóg ’n getuie, Tarryn Steed, het gesê die groen BMW is 14:17 in Boundaryweg gewaar.

Ook Steed, wat vir ’n privaat sekerheids­maatskappy in Constantia werk, het getuig dat die kar geen nommer­plate gehad het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters