9 dae gelede
Twee dood, vyf beseer in ongeluk

TWEE mense is gister dood en vyf ander het verskeie beserings opgedoen in ‘n ongeluk tussen twee motors in Klipheuwel.

Die ongeluk het by die kruising van die R304 en R312 gebeur.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die twee mense is op die toneel dood verklaar.

“Vyf ander insittendes, waaronder drie kinders tussen die ouderdom van 18 maande en 8 jaar, het matige tot ernstige beserings opgedoen.”

Vermaak sê die beseerdes is almal op die toneel behandel en toe na hospitale in die omgewing geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters